Jonas Salk

Jonas Salk
Jonas Salk in 1988

Geboortenaam Jonas Edward Salk
Gebore 28 Oktober 1914
New York Stad, New York
Oorlede 23 Junie 1995 (op 80)
La Jolla, Kalifornië
Blyplek New York Stad, New York
Pittsburgh, Pennsilvanië
La Jolla, Kalifornië
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vakgebied Mediese navorsing, virologie en epidemiologie
Instelling(s) Universiteit van Pittsburgh
Salk-instituut
Universiteit van Michigan
Alma mater Stad-kollege van New York
New York-universiteit
Universiteit van Michigan
Doktorale promotor(s) Thomas Francis, Jr.
Bekend vir eerste polio-entstof
Toekennings Lasker-prys (1956)
Handtekening

Jonas Edward Salk (gebore 28 Oktober 1914 in New York Stad - oorlede 23 Junie 1995 in La Jolla, Kalifornië) is een van die twintigste eeu se mees vereerde wetenskaplikes. Hy is bekend as die ontdekker van die eerste suksesvolle entstof teen die poliomiëlitis virus. En omdat hierdie ontdekking juis kinders se lot verlig het, was hy onmiddellik beroemd.

Teen die laat vyftigs het 'n ander wetenskaplike, Albert Sabin, 'n entstof ontwikkel wat oraal geneem kon word. Dit is suksesvol getoets en het die populariteit van die Salk-inenting laat afneem.

Die Sabin-entstof is gemaak van 'n aktiewe virus wat die kanse op infeksie baie vergroot het. Ten spyte hiervan het die Sabin-entstof teen die einde van die 1960's die primêre entstof teen polio in die VSA geword. Toe daar in 1970 weer nuwe gevalle van polio aangemeld word, het baie lande weer die Salk-entstof begin gebruik.

Gedurende die sestigs het Salk as direkteur van die Salk Instituut vir Biologiese Studies navorsing gedoen op kanker en veelvuldige sklerose. Hy het ook in die tagtigerjare die polio-entstof verbeter tot 'n enkeldosis wat lewenslange immuniteit verleen. Vanaf 1988 het Salk hom toegespits op navorsing oor die MIV.

Alhoewel Salk nie belangrike akademiese toekennings gekry het nie, het hy erkenning gekry vir sy bydrae tot wêreldvrede. Hy het onder meer die Presidensiële Medalje vir Vryheid, die Jehan Sadat Vryheidstoekenning en die Nehru Award for International Understanding ontvang. Hy is in 1999 deur die tydskrif Time aangewys as een van die 20 invloedrykste wetenskaplikes van die twintigste eeu.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy